fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

OB gaan Tshwane-metropolisie ondersoek na ‘n klag deur VF Plus

Die VF Plus is verheug dat die Tshwane-metropolisie uiteindelik ondersoek gaan word na aanleiding van ‘n klagte wat dié party by die Openbare Beskermer ingedien het.

Mnr. Awie Erasmus, VF Plus-raadslid in die Tshwane-metroraad wat deel is van die koalisie-regering in die stad, het die ongerymdhede ‘n jaar gelede oopgevlek en daarop aangedring dat mnr. M. Racheku, direkteur van die metropolisie, ondersoek word.

“Die eerste klagte het betrekking op insleepfooie wat nooit verhaal is vir voertuie wat by die metropolisie se skut geberg is nie. Die stad het hierdeur groot finansiële verliese gelei.

“Nog ‘n klag wat die Openbare Beskermer gaan ondersoek is mnr. Racheku se akademiese kwalifikasies en die misbruik van mag deur die onwettige aanstelling van aanklaers om dissiplinêre verhore te behartig. In een so ‘n geval is ‘n polisielid afgedank maar die Arbeidshof het later bevind die afdanking was onregmatig en het die lid R102 000 vergoeding ontvang. Hy moes weer heraangestel word.

“Dit is so dat die Tshwane-metropolisie se openbare beeld nie altyd na wense is nie en die VF Plus is baie bekommerd daaroor. Uiteindelik is dit die aksies van individuele wat die grootste skade aanrig en die VF Plus is verheug dat die Openbare Beskermer uiteindelik die saak gaan ondersoek.

“Die klag by die Openbare Beskermer was gelê voordat die VF Plus deel van die nuwe koalisie-regering geword het. Die VF Plus sal nou ook die kwessie intern in die Tshwane-metroraad opneem en sorg dra dat daar behoorlike samewerking met die Openbare Beskermer in dié verband is en dat behoorlike stappe geneem word.”

 

Rdl. Awie Erasmus

Tel:072 815 4053

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.