fbpx
Vryheidsfront Plus

Nuwe wetsontwerp op tolpaaie dien as bewys dat VF Plus reg was met sy aanvanklike mening en regsopinie oor Gautengse etol-stelsel

‘n Nuwe wet wat die regering beoog na die mislukking van die Gautengse etol-stelsel, dien as bewys dat die VF Plus in die kol was met sy aanvanklike regsmening en deurlopende kritiek op die stelsel, sê adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus.

Die regering het pas aangekondig dat die nuwe Wysigingswetsontwerp op die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap Beperk en Nasionale Paaie die vorige Tolwet gaan vervang wat talle gebreke gehad het en tot groot ontevredenheid onder die publiek gelei het.

Van die voorgestelde wysigings aan die wet is dat dit voorsiening maak vir groter deelname van provinsiale en munisipale owerhede soos met ‘n artikel 76-wet wat provinsies sekere bevoegdhede gee met die skryf van ‘n nuwe wet.

Daar word ook erken dat die proses van openbare deelname met die vorige wet uiters gebrekkig was, ook iets wat die VF Plus meermale uitgewys het.

“Dit is verblydend om te sien dat die nuwe minister van vervoer, Joe Maswanganyi, besef wat die werklike kwessies rondom Gauteng se etol was en dit nou probeer aanspreek in die wysigingswet om soortgelyke probleme met toekomstige tolpaaie te vermy.

“Die VF Plus is egter van mening dat geen provinsie dit sonder meer sal oorweeg om in die toekoms enige pad tot tolpad te verklaar nie weens die feit dat etol in Gauteng soveel weerstand van die publiek ondervind het.

“Dit is ook belangrik om daarop te let dat die nuwe wysigingswetsontwerp bepaal dat alternatiewe roetes beskikbaar gestel moet word indien ‘n tolpad tot stand kom. Dit was totaal afwesig met die beplanning van Gauteng se tolpaaie en het ernstige verkeersprobleme veroorsaak,” sê adv. Alberts.

Kontaknommers: 082 392 3117 / 083 419 5403

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.