Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Nuwe VF Plus-raadslid in Maquassie Hills-munisipaliteit ingesweer

Jandrie Roux (36), ‘n bekende inwoner en prokureur van Wolmaransstad, is vandag as die nuwe VF Plus-raadslid in die Maquassie Hills-plaaslike munisipaliteit ingesweer.

Die seremonie is waargeneem deur die speaker in die munisipale raad, me. Sarah Nkatlo met mnr. Michal Groenewald van die VF Plus as getuie.

Mnr. Roux is bekend vir sy betrokkenheid in die gemeenskap en dien onder meer op die beheerliggaam van Laerskool Wolmaransstad en as diaken in die plaaslike NG Kerk.

Die VF Plus is vol vertroue dat hy die gemeenskap professioneel en met ywer sal dien om dienslewering in die gebied te bevorder en inwoners se belange te beskerm.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.