Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Nuwe Oudtshoorn-raad stel eie belang bo inwoners

Dit blyk duidelik dat die Oudtshoorn-plaaslike munisipaliteit onder die beheer van die PA en ANC, ná die verwydering van die VF Plus-burgemeester, eie belang bo dié van inwoners stel.

Die PA-speaker van die raad, Suzanne Jansen, het Woensdag op kort kennisgewing ʼn virtuele raadsvergadering vir 16:00 belê om salarisverhogings vir raadslede te oorweeg.

Volgens die reëls van die raad moet daar minstens 48 uur kennis gegee word vir ’n vergadering, en dit moet ook in die media geadverteer word sodat die publiek dit kan bywoon.

Hierdie prosedures is nie gevolg nie. Die VF Plus het daarom besluit om nie die vergadering by te woon nie.

Verder is die verpligte raadsvergadering van 26 Februarie, waar die aansuiweringsbegroting goedgekeur moes word, uitgestel tot ’n latere datum.

Die Munisipale Finansiële Bestuurswet (MFMA) vereis dat die aansuiweringsbegroting voor 28 Februarie goedgekeur moet word. Indien dit nie gebeur nie, kan uitgawes as onreëlmatig of ongemagtig beskou word, tensy ’n tydige en gemotiveerde aansoek om uitstel by die minister van finansies ingedien word.

Dit is ’n saak van kommer dat vergaderings wat ’n direkte invloed op die munisipaliteit se finansies en funksionering het, sonder voldoende rede uitgestel word.

Dit skep die indruk dat die goedkeuring van salarisverhogings vir raadslede hoër prioriteit geniet as die nakoming van prosedures en die bevordering van inwoners se belange.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.