fbpx
Vryheidsfront Plus

Nuwe VF Plus-raadslid vir Sol Plaatje-plaaslike munisipaliteit sien vernuwing van varsproduktemark as prioriteit

Kobus van den Berg, nuwe VF Plus-raadslid in die Sol Plaatje-plaaslike munisipaliteit (Kimberley en omstreke) is op Vrydag 31 Mei 2019 ingesweer as raadslid en het gesê een van sy onmiddellike prioriteite sal wees om aandag te skenk aan die vernuwing van die plaaslike varsproduktemark.

Die VF PLus het die bestaande planne vir die opknapping en herlewing van die mark verwelkom en het gesê die party sal dit met raad en daad ondersteun.

Volgens Van den Berg is die opknapping van die mark vanuit ‘n landbouoogpunt 'n positiewe stap en veral plaaslike boere kan hierdeur bevoordeel word.

Van den Berg sien daarna uit om 'n konstruktiewe opposisierol as raadslid van Sol Plaatje te lewer en het die burgemeester, mnr. Patrick Mabilo, bedank vir die goeie gesindheid in die raad.

 

Kontaknommer: 083 454 9410

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.