fbpx
Vryheidsfront Plus

Noord-Kaap se departement van vervoer moet dadelik ingryp om N12 weer oop te stel

Dit is vir die VF Plus onaanvaarbaar dat motoriste verontrief moet word weens die tydelike sluiting van die N12 tussen Hopetown en Modderrivier wat na verneem word te wyte is aan ‘n protesaksie wat met die padboukontrakteurs verband hou, sê dr. Wynand Boshoff, leier van die VF Plus in die Noord-Kaap.

Dr. Bohoff sê dit is nie duidelik presies wat die oorsaak van die protesaksie is nie. Volgens die polisie op die toneel hou dit verband met wanbetaling aan die kant van die departement van vervoer.

“Dit is nie duidelik of dit die padboukontrakteurs self of dit hul werkers is wat weens nie-betaling hierdie probleme veroorsaak nie.

“Dit is nogtans onaanvaarbaar dat die departement toegelaat het dat die situasie hierdie punt bereik waar die langste nasionale pad wat deur die provinsie loop, ontoeganklik is vir motoriste.

“Die Noord-Kaap se departement van vervoer was altyd ‘n ligpunt in die provinsie, maar dit wil nou voorkom of die kanker van swak administrasie ook na dié departement versprei het.

“Die sluiting van die pad is natuurlik ekonomies nadelig vir die provinsie aangesien mense voortaan eerder van die N1 gebruik sal maak. Soos dit nou staan, moet motoriste ‘n ompad van bykans 100 km ry om by hul bestemming te kom.

“Die VF Plus dring daarop aan dat die departement onmiddellik ingryp en die saak beredder sodat die pad so gou moontlik weer oopgestel kan word,” sê dr. Boshoff.

 

Kontaknommers: 074 166 5540

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.