fbpx
Vryheidsfront Plus

Newcastle se begroting onbefonds – nog ‘n ANC-mislukking

Die finansiële vernietiging van ‘n eens finansieel-gesonde Newcastle-plaaslike munisipaliteit (Charlestown, Newcastle) onder ANC-beheer, is tekenend van die agteruitgang en verval van munisipaliteite wat die ANC beheer.

Die ANC het Newcastle in 2009 oorgeneem met geen korttermyn-skuld nie en met kontantreserwes van R270 miljoen.

Die VF Plus het die afgelope jare telkens gewaarsku dat ‘n onbefondsde begroting onwettig is in terme van die Munisipale Finansiële Bestuurswet. ‘n Brief van die tesourie van KwaZulu-Natal wat ter tafel gelê is in die raad, bevestig dit nou amptelik.

Die VF Plus het die volgende punte uitgelig oor die voorgestelde befondsing van die begroting:

1. Bedryfsinkomste:

• Die likiditeit van die munisipaliteit was die afgelope paar jaar onder druk. Die bedryfsinkomste is weer aangepas tot R2,219 miljard, soos aangedui deur die verskillende inkomstebronne, met 'n totale geraamde besteding van R2,488 miljard, wat 'n bedryfstekort van R274,6 miljoen tot gevolg het.
• Die belangrikste kwessie met die begroting is die kontantondersteuning van die begroting wat die swak situasie van die munisipaliteit se finansiële posisie illustreer.
• In die finale begroting is ‘n betalingsfaktor vir munisipale dienste en tariewe op 81,9% bereken. Dit is onrealisties in ag genome die finansiële posisie van die land weens Covid-19.
• Die KZN-tesourie het nou ook daarop gewys dat die betalingsinkomste vir eiendomsbelasting op 99,9% begroot word, terwyl die invorderingskoers 75% was vir die vorige jaar, wat lei tot 'n verlies aan inkomste van R90,6 miljoen wat die verkeerde kontantvloei-uitkoms gee.
• Die inkomste uit elektrisiteit toon 'n toename in inkomste van R90,0 miljoen hoofsaaklik weens die Nersa-tariefverhoging van 14,59%, maar hierdie styging word geneutraliseer deur die toename in grootmaat-aankope van R88,9 miljoen vanaf Eskom.

2. Bedryfsuitgawes

• Die totale bedryfsuitgawes is aangepas na R2,395 miljard, wat die munisipaliteit se finansiële posisie onder ernstige druk plaas
• Die tesourie het ook daarop gewys dat die finansiering van R24 miljoen aan kapitaaluitgawes met interne geld nie haalbaar is nie, aangesien die begroting onbefonds is.
• Verbeterde betaling aan krediteure kan slegs gebeur wanneer die kontantvloeisituasie verbeter. Totdat die skuld aan krediteure wat R806 miljoen tot en met Desember 2020 beloop het nie afbetaal is nie, sal die huidige krediteure van R406 miljoen nooit betyds betaal word nie, wat daartoe sal lei dat ondernemings sal weier om sake met die munisipaliteit te doen.
• Die toename in grootmaat-watervoorsiening is hoofsaaklik te wyte aan vermorsing in die oostelike deel van Newcastle sonder dat dit behoorlik aangespreek word. Solank as wat waterbeperkers nie aan die watermeters van nie-betalende verbruikers van Newcastle-Oos gekoppel word nie, sal die betalingsfaktor nie verbeter nie. Daar kan nie voortgegaan word om slegs betaling te ontvang vir sowat 48% van die water wat aan verbruikers voorsien word nie.

Tesourie het die proses uitgestippel wat gevolg moet word vir ‘n hersiene begroting en befondsingplan, maar dit is te betwyfel of dit teen die keerdatum van 28 September 2021 goedgekeur sal kan word.

Die ANC beskik nie oor die vermoë om enige munisipaliteit suksesvol te bestuur nie en kiesers moet met die komende plaaslike regeringsverkiesing saam met die VF Plus opstaan, saamstaan en ‘n sterk boodskap stuur dat dié onbevoegde regering vervang moet word met een wat inwoners se belange eerste stel. Die verval kan gestop word.

Navrae: 082 388 3000

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.