Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

n Geleentheid vir verandering in Matlosana gemis

Inwoners van die Matlosana-plaaslike munisipaliteit (Klerksdorp, Stilfontein, Hartbeesfontein en Orkney) is die verloorders in vandag se burgemeestersverkiesing. Die ANC, wat weens funksionalisme in die party twee kandidate gestel het, se Washington Ntozini is vanoggend verkies as die nuwe burgemeester van Matlosana.

Die VF Plus was die enigste opposisieparty wat ‘n kandidaat gestel het.

• I M Groenewald (VF Plus) – 17 stemme,
• W Ntozini (ANC) – 31 stemme, en
• M Kgaile (ANC) – 26 stemme.

Die uitslag bevestig die VF Plus se waarskuwing dat die ANC daarin sou slaag om homself te herorganiseer. Opposisie in die raad het twee weke gelede ‘n gulde geleentheid gehad om die burgemeesterskap van die ANC weg te neem toe net 25 van hulle raadslede vir raadsvergadering opgedaag het.

Die DA het dié spesiale raadsvergadering op 1 November verlaat en ‘n geleentheid om die ANC in die munisipaliteit te keer, het verlore gegaan.

Die uitslag van vandag se verkiesing beteken dat die inwoners van Matlosana weer deur die ANC se wanbestuur en korrupsie benadeel sal word.

Die VF Plus sal egter aanhou om teen swak dienslewering te terug te slaan sodat die hele gemeenskap van Matlosana se belange eerste gestel word.

Kontaknommer: 079 409 8342

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Ben van der Berg

Welverdiend steeds sonder krag

Die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) sleep steeds voete met die vervanging van ʼn transformator by die Frikkie-substasie in Welverdiend. Dié substasie, wat krag aan

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.