Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Madibeng-onluste weens ANC se onvermoë

Die VF Plus het met afgryse verneem van die soveelste geval van openbare geweld deur gemeenskapslede in die Madibeng-plaaslike munisipaliteit.

Die munisipaliteit, wat onder andere Mooinooi, Hartbeespoortdam en Brits bedien, is onder beleg na gemeenskapslede van die Mothathlung-informele nedersetting die munisipale kantore in Brits binnegestorm het en na bewering die kassiere tot die bestuur op die sesde vloer van die gebou aangeval het.

Die gemeenskap is glo ontevrede oor swak dienslewering en korrupsie in die munisipaliteit en het juis die bestuur op die sesde vloer daaroor geteiken.

Die diensleweringsprobleem in die munisipaliteit kan direk voor die deur van die ANC gelê word. Die regerende party het die munisipaliteit in die grond in bestuur deur middel van kader-ontplooiings, swak bestuur, korrupsie en verkeerde prioriteite.

Die VF Plus veroordeel ten sterkste enige vorm van geweld en vandalisme wat veroorsaak dat die reeds sukkelende munisipaliteit se gebrekkige dienslewering vererger, maar het begrip vir inwoners se frustrasies.

Die enigste uitweg is om die ANC uit die kussings te lig en ‘n bekwame veelparty-regering in plek te stel. Kiesers moet hulle stem dik maak by die stembus en saam met die VF Plus terugslaan teen korrupsie en swak dienslewering.

Kontaknommer: 082 598 4595

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.