fbpx
Vryheidsfront Plus

MRK-verslag staaf belangrikheid van VF Plus se privaatlid-wetsontwerp om protes-optredes by skole en instellings waar minderjariges teenwoordig is, te verbied

‘n Verslag van Suid-Afrika se Menseregtekommissie (MRK) oor die impak van geweld by skole, is onder meer gebruik om te motiveer hoe belangrik die VF Plus se privaatlid-wetsontwerp is oor die ongewenstheid van protesoptredes naby plekke van onderrig en ander instellings waar minderjariges teenwoordig is.

Die wetsontwerp is verlede jaar reeds by die parlement se portefeuljekomitee oor polisie ingedien en die VF Plus het vandeesweek in die komitee ‘n voorlegging daaroor gemaak waartydens die MRK-verslag ook ingedien is.

Die wetsontwerp is reeds middel verlede jaar in die Staatskoerant gepubliseer waartydens die publiek die geleentheid gekry het om insette daaroor te lewer.

Protesoptredes by die Hoërskool Overvaal in Vereeniging in Januarie verlede jaar, waar die EFF ‘n prominente rol gespeel het en groot ontwrigting veroorsaak het, het die wetsontwerp geïnisieer. Die meer onlangse gebeure by die Laerskool Schweizer-Reneke het opnuut die belangrikheid daarvan onderstreep.

In die MRK-verslag word voorvalle gemeld wat tot en met 2016 plaasgevind het en die bevinding is onder meer dat die MRK-ondersoek genoodsaak is deur ‘n ‘groeiende aantal protesverwante-voorvalle wat ‘n groot impak het op basiese onderrig in Suid-Afrika’.

Die doel van die wetsontwerp is om optogte binne ‘n radius van 500 meter vanaf skole en ander plekke waar minderjariges teenwoordig is, te verbied.

Die wet wat verander sal moet word om dié doel te bereik, is die Wet op die Regulering van Byeenkomste. Dit sal dan van toepassing wees op skole van voorskoolse- tot sekondêre vlak, asook ander instellings soos kinderhuise.

Soos die situasie tans staan, word die regte van vredeliewende landsburgers, en in die besonder leerlinge, hoegenaamd nie in ag geneem nie en word hul veiligheid bedreig weens die aard wat optogte en protes-aksies aanneem.

Kontaknommers: 082 391 3117 / 065 801 7216

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.