Op 30 Junie het die VF Plus ‘n klag by die MRK ingedien teen die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit oor die besoedeling van die Nylrivier buite Naboomspruit (Mookgophong) met rioolwater.
Die MRK het vandag in ‘n skrywe aan die VF Plus genoem dat hy die saak ondersoek en met die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit daaroor geskakel het om ‘n antwoord op die klagte te kry.
Die VF Plus gaan die antwoordverslag van Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit met aandag ondersoek en sal binne die gevraagde sewe dae sy antwoord hierop voorlê aan die MRK.
Die VF Plus sal die gemeenskap op hoogte hou in die verband en sal aanhou om namens die gemeenskap van die omgewing te veg om die besoedeling stop te sit.
Kontaknommer: 066 024 4623