Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

MRK ondersoek klag van rioolwater wat in Krokodilrivier vloei

Die VF Plus het op 30 Junie 2019 ‘n klag by die Menseregtekommissie (MRK) ingedien nadat die party klagtes van die publiek ontvang het oor riool wat by Northam en Thabazimbi in die Bier- en Rooikuilspruite vloei. Die spruite voed die Krokodilrivier.

Die gemeenskap van Thabazimbi en Northam vrees vir hul gesondheid en vir blywende skade aan die plaaslike ekostelsel.

Die VF Plus het vandeesweek ‘n skrywe van die MRK ontvang waarin bevestig word dat die ondersoek na die klag reeds begin het en dat die MRK met die Thabazimbi-munisipaliteit daaroor kommunikeer.

Die MRK ondersoek die afvalwater-behandelingswerke in Northam asook die uitdagings wat daarmee verband hou.

Dr. Eileen Carter, senior regsbeampte van die MRK in Limpopo, het onderneem om die VF Plus op hoogte te hou van verwikkelinge.

Die VF Plus staan op vir die regte van die Thabazimbi-gemeenskap.

Kontaknommer: 066 024 4623

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.