fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Moqhaka: Begroting nie ten gunste van inwoners

Die VF Plus het die Moqhaka-plaaslike munisipaliteit (Kroonstad, Steynsrus en Viljoenskroon) se begroting vir 2020/2021 nie gesteun nie.

Om die plaaslike ekonomie te stimuleer en te herstel post Covid-19 is dit nodig om ‘n gunstige omgewing vir groei te skep. Billike tariewe en belastings is nodig om ekonomiese herstel en groei te bewerkstellig. Die VF Plus verwelkom dus die aanpassing op eiendomsbelasting na 0% vir industriële- en sakepersele, gastehuise en landbougrond.

Die munisipaliteit laat egter alle ander inwoners in die steek deur buitensporige tariefverhogings voor te stel te midde van die huidige ekonomiese krisis. Inwoners kan die volgende tariefverhogings te wagte wees:

Water: 10-15%
Sanitasie: 6-10%
Erfbelasting: 10%
Vullisverwydering: 6-10%
Elektrisiteit: 6,2%

Hierdie enorme tariefverhogings is nie regverdigbaar teenoor dienslewering nie, aangesien elektrisiteit- en waterverliese onderskeidelik R44miljoen en R18 miljoen beloop. Inwoners kan nie aanhoudend betaal vir die wanbestuur van die munisipaliteit nie.

Die VF Plus kan nie ‘n begroting steun wat nie gegrond is op inwoners se behoeftes nie.

Navrae: 083 406 8714

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.