Terwyl die waterkrane in Mogale City (Krugersdorp) droog bly, steier inwoners elke maand onder die druk van astronomiese waterrekeninge terwyl die munisipaliteit aanvoer dat sy berekeninge en die rekening, korrek is.
Dit is vreemd dat byna al die rekeninge met dieselfde bedrae, gewoonlik òf R17 000 òf R18 000, oor die normale bedrag is, en dit gebeur veral in woongebiede wat die meeste sonder water is.
Dit is onmoontlik dat die Mogale City-stadsraad nie bewus kan wees van die situasie en die finansiële gevolge daarvan nie.
Boonop laat die munisipaliteit heelwat ontwikkelingsprojekte toe waarvoor daar nie voldoende grootmaatdienste soos vir watervoorsiening in die ontwikkelingsplan begroot is nie.
Die munisipaliteit beskik ook nie oor die dienste van 'n gekwalifiseerde wateringenieur wat die krisisse kan voorsien en volhoubare voorsorgmaatreëls in plek kan plaas nie.
Wanbestuur, asook politieke agendas wat met belastingbetalers se geld gedryf word, is besig om sy tol te eis in Krugersdorp.
Die Vryheidsfront Plus is besig met 'n indringende ondersoek na die waterkrisis waarna die nodige stappe geneem sal word om die belange van belastingbetalers en inwoners te beskerm.
Die VF Plus het onlangs 'n 'Red Mogale'-projek geloods waarin steun van die gemeenskap gevra word om ‘n versoekskrif hieroor aan dr. Zweli Mkhize, minister van COGTA (samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede) te oorhandig. Die minister sal gevra word om dringend by Mogale City in te gryp en wanbestuur te stop.
Die versoekskrif kan onderteken word by www.gemeenskappe.co.za/red-mogale-city.
Kontakbesonderhede : 0716049498