Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Mogale City staak sms’e aan verbruikers na foutiewe rekeninge

Die Mogale City-plaaslike munisipaliteit (Krugersdorp, Magaliesburg, Muldersdrift) het op aandrang van die VF Plus die uitstuur van sy maandelikse sms’e aan inwoners gestaak nadat inwoners foutiewe diensterekeninge ontvang het.

Die sms’e weerspieël nie die betalings wat aan die einde van September gemaak is nie en dit word as agterstallig aangedui.

Bekommerde inwoners het die VF Plus oorval met klagtes oor die buitensporige bedrae wat hulle kwansuis verskuldig is.

Die VF Plus het Donderdag die burgemeesterskomiteelid vir finansies, Victor Molefe, gaan spreek en hom op die fout van die munisipaliteit se rekeningstelsel gewys.

Die party het ook daarop aangedring dat rente wat op die sogenaamde agterstallige bedrae gehef is, reggestel word.

Mnr. Molefe het onderneem om toe te sien dat die munisipaliteit nie verdere sms’e sal uitstuur voordat die fout reggestel is nie.

Die VF Plus sal die regstelling van rekeninge dophou en die munisipaliteit verantwoordbaar hou om te verseker dat elke inwoner se reg op korrekte en deursigtige rekeninge beskerm word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.