fbpx
Vryheidsfront Plus

Modimolle-Mookgophong-plaaslike munisipaliteit begin “huis skoonmaak”

Druk van die VF Plus tydens ‘n openbare rekeninge komiteevergadering van die Modimolle-Mookgophong-plaaslike munisipaliteit het die munisipaliteit genoop om te begin “huis skoonmaak” en ontslae te raak van amptenare wat belastingbetalers geld wanaanwend.

Die munisipaliteit sluit in Modimolle, Mookgophong (Naboomspruit) en Vaalwater.

Altesaam vier amptenare is tot dusver geskors hangende ondersoeke na onreëlmatige finansiële betalings wat gemaak is op 29 April vir die paaie-projek in Phagameng uitbreiding 10.

Die munisipale bestuurder, mnr. Ben Thobela, het reeds op 9 November die waarnemende bestuurder vir uitgawes, mnr. Ali Langa en mnr. Salthiel Ramthlakgwe, bestuurder van die projekbestuurseenheid, geskors.

Tydens ‘n spesiale raadsvergadering op 14 November is twee van die munisipaliteit se direkteure, dr. Sheperd Mhlanga, hoof finansiële beampte en mnr. Christopher Mahlaule, direkteur vir tegniese dienste, geskors nadat die raad nie hul redes aanvaar het waarom hulle nie geskors moet word nie.

Die VF Plus verwelkom dit dat daar uiteindelik teen amptenare opgetree word wat belastingbetalersgeld wanaanwend en sodoende aanleiding gee tot die agteruitgang van dienslewering.

Die party sal die proses fyn dophou en druk uitoefen dat daar nie gesloer word met die dissiplinêre proses nie.

Daar moet so spoedig moontlik bevoegde amptenare aangestel word wat die belange van Modimolle-Mookgophong se inwoners eerste stel.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.