Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Mkhize se erkenning oor kontrak laat vrae ontstaan oor Nasionale Gesondheidsversekering

Die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, se erkenning vanoggend tydens ‘n mediakonferensie wat gehou is oor die kommunikasiemaatskappy Digital Vibes en 'n onreëlmatige kontrak met die maatskappy, laat verskeie vrae ontstaan oor hoe die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) ook onder korrupsie kan deurloop.

Die VF Plus het al herhaaldelik gevra watter waarborg die minister kan gee dat die NGV nie deur korrupsie geteister sal word nie en hy kon geen waarborg lewer nie.

Die Digital Vibes-saak wys dat die NGV nie bestand is teen korrupsie nie en dit is onvermydelik dat die NGV gekaap sal word deur korrupte politici en kaders nog voordat dit op die wetboeke geplaas is.

Die onregmatige aanstelling van Digital Vibes asook die onreëlmatige uitbetalings van R150 miljoen aan die maatskappy tussen Januarie 2020 en Februarie 2021, is ‘n duidelike bewys dat korrupsie in die departement van gesondheid veel wyer en dieper strek as wat besef word.

Die VF Plus is van mening dat hierdie net die oortjies van die seekoei is en dat daar juis nou nog dieper gedelf moet word in die departement van gesondheid se sake.

Die VF Plus wag dus vir die finale uitreiking van die verslag van die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) oor die aangeleentheid.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.