fbpx
Vryheidsfront Plus

Misdaadintelligensie-eenheid in disfunksionele krisis

Die skorsing van genl.maj. Chris Ngcobo, waarnemende hoof van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid oor ‘teenstrydighede met sy kwalifikasies’, is alreeds ‘n ernstige vingerwysing na die staat van disfunksionaliteit waarin die eenheid verval het, sê dr. Pieter Groenewald, die Vryheidsfront Plus se hoofwoordvoerder oor die polisie.

Dr. Groenewald sê ernstige vrae moet gevra word oor waarom die ongerymdhede rondom Ngcobo nou eers op die lappe kom nadat hy reeds in Junie verlede jaar in die pos aangestel is.

Hy sê die eenheid is ironies genoeg juis veronderstel om die spesialis op die gebied van hierdie tipe inligting te wees.

Die eenheid spesialiseer onder meer in koverte optredes en meeluistering en is die regering se ‘oë en ore’ om inligting te bekom wat as ‘n bedreiging vir die staat beskou kan word.

Dit is alombekend, en is reeds wyd in die media gerapporteer, dat Ngcobo ‘n voormalige lyfwag en vertroueling is van pres. Jacob Zuma.

“Hierdie eenheid is werklik die ‘Big Brother’ wat oor alle landsburgers se skouers loer en toegang kan kry tot die mees sensitiewe inligting oor enige persoon.

“Uit hoofde van sy amp sou Ngcobo op internasionale vlak met ampsgenote gepraat en inligting uitgeruil het. Daarvoor moes hy oor die hoogste sekerheidsklaring beskik. Dis moeilik om te aanvaar dat daar nou eers met sy kwalifikasies fout gevind word.

“Dit is werklik skrikwekkend dat ‘n eenheid met soveel mag so totaal disfunksioneel kon raak. Dit maak Suid-Afrika ‘n bespotting van die internasionale intelligensie-gemeenskap en behoort elke Suid-Afrikaner tot onrustigheid te stem,” sê dr. Groenewald.

Dr. Pieter Groenewald

Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.