fbpx
Vryheidsfront Plus

Minister van polisie besoek Vanderbiljpark

Die VF Plus is verheug dat die minister van polisie, Fikile Mbalula, Vanderbijlpark, besoek het om ‘n duidelike boodskap aan misdadigers oor te dra en polisielede aan te moedig om misdaad met wortel en tak uit te roei.

Gerda Senekal, VF Plus-raadslid in Emfuleni, was gister ‘n gas van die minister. Sy is reeds vir ‘n geruime tyd besig om die gemeenskap en polisie aan te moedig om sekere gebiede wat deur buitelanders beheer word, te help vrymaak van dwelmhandel.

“Minister Mbalula het tydens sy besoek dit duidelik gemaak dat misdadigers en dwelmbase nie gebiede vir hulself kan toeëien nie. Vanderbijlpark behoort nie aan dwelmbase nie.

“Die VF Plus het die hoop uitgespreek dat die polisie onverpoos sal werk om misdadigers te ontbloot en te sorg dat wet en orde weer in die dorp gehandhaaf word. Misdadigers en dwelmhandelaars mag nooit ‘n dorp of stad beheer nie,” het Senekal gesê.

Senekal gaan ook betrokke wees by die samestelling van ‘n handleidingsdokument wat deur lede van die gemeenskapspolisiëring gebruik kan word vir die bekamping van misdaad.

Kontaknommer: 076 616 2124

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.