“Die minister van Landou, Bosbou en Visserye, Senzeni Zokwana, skep ‘n swak beeld van landbou om sy veewagter slegs R26 per dag te betaal. Toe boere in die Wes-Kaap seisoenwerkers R69 per dag betaal het,
het Tony Ehrenreich van Cosatu, verwys na die “slegte, rassistiese boere”. Hoekom is Cosatu en Ehrenreich nou stil? Die feit dat hulle niks sê nie, is bewys van dubbele standaarde omdat hulle net wit boere teiken en altyd uitkryt as sleg,” sê dr. Pieter Groenewald, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor Landbou.
“Dit is boere soos Zokwana wat veroorsaak dat mense die indruk kry dat boere hulle plaaswerkers swak betaal en dan veralgemeen wat vêr van die werklikheid is. As minister van Landbou stel Zokwana ‘n swak voorbeeld en is hy die boere van Suid-Afrika ‘n verskoning verskuldig,” het Groenewald gesê.
Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403