fbpx
Vryheidsfront Plus

Minister skep onsekerheid oor seksualiteit

Die minister van basiese onderwys, me. Angie Motshekga, se parlementêre antwoorde oor omvattende seksualiteitsonderrig (algemeen bekend as CSE) is óf berekend vaag, óf sy is nie presies op hoogte van wat haar departement doen nie.

Dinsdag het sy in 'n geskrewe antwoord op 'n vraag van die VF Plus onder meer verklaar daar is nie sprake van 'n nuwe kurrikulum nie en dat CSE reeds sedert 2001 aan Suid-Afrikaanse skole aangebied word.

Daarmee ignoreer sy die feit dat die sogenaamde Kurrikulum Assessering- en Beleidsverklaring (algemeen bekend as CAPS) breë riglyne stel en dat die werklike leerinhoud deur handboeke, lesplanne en aanbieding in klasse bepaal word.

Om lesplanne voor te skryf is inderdaad om 'n nuwe kurrikulum in te stel, hoewel die CAPS onveranderd bly.

Boonop is CSE 'n benadering tot seksualiteitsonderrig wat eers teen 2013 algemeen in onderwyskringe (veral onder leiding van UNESCO) ter sprake gekom het.

Verder verklaar die minister dat die sogenaamde voorgeskrewe lesplanne vanjaar as loodsprogram aan 1 500 skole getoets is. Sy stel dan in vooruitsig dat dit in 2021 volledig geïmplementeer sal word.

Die VF Plus het Woensdag in die parlement duidelikheid gevra oor wat vir 2020 beplan word. Haar antwoord was dat CSE by 1 500 skole in 'n loodsprojek geïmplementeer word. Dit laat die vraag opkom wat dan verlede jaar gebeur het.

In haar geskrewe antwoord het minister Motshekga gereageer op die vraag wanneer die departement met ouers en onderwysers gaan konsulteer. Haar antwoord was dat ouers, deur skoolbeheerliggame "gesensiteer" is en dat onderwysers opgelei is en opgelei word.

Volgens die VF Plus verskil dit wesenlik van konsultasie. Sy het wel in die geskrewe antwoord gesê dat daar gedurende 2020 geleentheid sal wees vir betrokkenes om terugvoer te gee. Die VF Plus sal fyn dophou of dit werklik gebeur.

Nog 'n tegniek van misleiding wat die minister gevolg het, was om 'n karikatuur van haar kritici te skep en dit dan te kritiseer. Sy het minagtend gesê dat daar mense is wat liewer van "sitgoed" as van "boude" wil praat. Daarmee impliseer sy dat haar kritici glad nie met kinders oor seks wil praat nie en 'n "hoor niks, sien niks, sê niks" – benadering wil volg.

Wat ouers en ander belanghebbendes volgens die VF Plus moet doen, is om die voorgeskrewe lesplanne van die internet af te laai en self te besluit of CSE, soos die departement dit wil implementeer, hul goedkeuring wegdra. Dan moet hulle hul burgerplig uitvoer en daarop reageer.

Kontaknommer: 074 166 5540

 

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.