fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Minderheidsregte, selfbeskikking en Afrikaners in die huidige staatkundige bedeling en politieke omgewing

Die veelgeroemde Suid-Afrikaanse Grondwet skiet ver tekort wat die beskerming van minderhede aanbetref en dit het daartoe gelei dat Afrikaners se kultuur, -taal, en hul oorlewing onder druk verkeer. Daarom is dit belangrik om na oplossings hiervoor te soek, sê dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus.

Dr. Mulder het vandag by ‘n simposium van die groep OASE, wat selfbeskikking voorstaan, gesê die Afrikaner het alle werklike politieke mag verloor, en in die soeke na oplossings vir sy voortbestaan moet hy realisties ten opsigte van die land se werklikhede wees. Die oplossings moet modern en regverdig teenoor die Afrikaner en ander wees en in lyn met internasionale oplossings.

Ander sprekers by die simposium was me. Moira Daya wat gepraat het oor die Khoisan se Eerste Nasie-status en sy reg op selfbeskikking, dr. Gregory Santon van Genocide Watch en mnr. Cor Ehlers van OASE.

Dr. Mulder het gesê dit is nie nodig om die wiel van vooraf uit te vind nie, maar kan van lande met soortgelyke probleme lesse leer. Toepaslike oplossings kan oorgeneem en aangepas word vir eie omstandighede.

“Suid-Afrika se Grondwet is nie die beste in die wêreld nie. Omdat die Nasionale Party se onderhandelingsuitgangspunt slegs die beskerming van individuele regte was, is die geleentheid in 1994 gemis om van hierdie internasionale minderheids- en selfbeskikkingsoplossings te inkorporeer.

“Die Afrikaner sal sy eie toekoms moet skep en nie sy hoop op die regering of ander groepe plaas om hom te red nie.

“Om dit te doen is ’n groter konsensus onder mekaar oor die Afrikaner se plek en rol in Suid-Afrika en Afrika nodig en dit moet saamgevat word in ’n breë saambindende droom. Ten einde realisties te wees, moet ons daarbinne genoeg ruimte vir verskille toelaat,” het dr. Mulder gesê.

Hy het gesê dit sal sterk organisasies benodig wat op elke terrein kan optree, en wat nie skaam sal wees om die breër saambindende Afrikanerdroom te dien en uit te dra nie. ’n Selfsorg-en doen-kultuur moet hiervoor geskep word.

Volgens dr. Mulder kan selfbeskikking nie van die rak af gekoop word nie en daar is verskillende selfbeskikkingsfases waardeur gegaan moet word om die einddoel te bereik.

 

Kontaknommers: 083 419 5403 / 082 674 6670

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.