Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Met regstellende aksie kan Suid-Afrika gereed maak vir ‘n kern-fiasko wat Chernobyl kan verdwerg

Die ANC-regering se onbevoegdheid en beleid soos regstellende aksie (RA) waarvan die vernietigende effek nou weer met die watervoorsiening in Gauteng gesien is, is die resep vir ‘n kern-fiasko wat Chernobyl na ‘n piekniek sal laat lyk, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor energie.

Adv. Alberts sê die VF Plus is ook bekommerd oor die omvang van die projek en dat dit Suid-Afrika finansieel kan knak en verewig aan ‘n buitelandse moondheid verkneg. In hierdie stadium blyk dit of Rusland die land sal wees. Dit blyk ook dat Suid-Afrika in sekere opsigte reeds aan China verkneg is.

“Onbevoegdheid en ‘n beleid waar persone weens politieke oorwegings en nie meriete nie in posisies geplaas word, is ‘n dodelike mengsel wanneer daar oor kernkrag gepraat word.

“Desnieteenstaande planne vir opleiding, bestaan daar geen waarborge dat die ANC-regering nie RA gaan toepas by sleutelposte in die bou en bestuur van kernaanlegte nie. Dit is nou algemeen bekend dat RA verantwoordelik is vir die gebrek aan dienslewering deur die staat.

“Die VF Plus sal die situasie monitor en nie skroom om internasionale hulp in te roep indien dit blyk dat roekeloos te werk gegaan word rondom die projek nie,” sê adv. Alberts.

In geskrewe vrae van adv. Alberts aan die minister van energie, me. Tina Joemat-Pettersson, oor hoe die program in lyn gebring gaan word met die land se Geïntegreerde Energieplan (GEP), hoe dit gefinansier gaan word en waar die geskikte mannekrag gevind gaan word, is as volg geantwoord:

Oor die beskerming van strategiese kennis rondom kernkrag van twyfelagtige lande met wie Suid-Afrika vriendskapsbande het, lui die minister se antwoord dat plaaslike wette en internasionale vereistes hieroor nagekom sal word.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.