fbpx
Vryheidsfront Plus

Medemenslikheid moet oor politieke grense strek

(Debat in Noord-Kaapse wetgewer: Nasionale maand vir die bewustheid van die regte van gestremdes)

 

Mense met gestremdhede moet nie jammer gekry, of opsy geskuif word nie. Hulle moet net die geleentheid gegun word om 'n sinvolle lewe te lei en 'n bydrae tot die gemeenskap te lewer.

Selfs al kan die gestremdheid nie verwyder word nie, kan die nodige geleenthede geskep word om dit moontlik te maak. Dit is 'n vorm van medemenslikheid wat oor politieke grense moet strek.

Mnr. Danie Coetzee, Noord-Kaapse VF Plus-wetgewerlid, het in 'n debat oor bewustheid van die regte van gestremdes, onthul dat hyself, weens sy gestremdheid, onseker was of hy sy rol na behore sou kon vervul.

Coetzee het slegs een been en beweeg as gevolg daarvan moeilik tussen die banke van die wetgewer. Met die eerste sitting na die 8 Mei-verkiesing, het 'n EFF-wetgewerlid, Shadrck Thlaole, daarop aangedring dat Coetzee toegelaat word om vanuit sy bank te praat.

Volgens Coetzee kan mense met gestremdhede gebore word, dit deur siekte, ongelukke of oorlog opdoen, maar die belangrikste kenmerk bly dieselfde: daar is een of meer ledemate wat hulle verhinder om soos die res van die bevolking te funksioneer. Ongeveer tien persent van die bevolking ly aan die een of ander vorm van gestremdheid.

Die soort bedagsaamheid wat oor die politieke spektrum aan Coetzee getoon is, maak nie net die lewe vir hom makliker nie, maar dra by tot die skepping van 'n moderne, groeiende en sorggewende samelewing.

Kontaknommer: 082 561 4668

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.