fbpx
Vryheidsfront Plus

Mbombela kry nuwe amptelike voertuie, al staan ander ongebruik vir jare

Die VF Plus in Mbombela verwelkom die aankoop van 35 broodnodige voertuie vir amptelike munisipale gebruik, maar soek antwoorde oor die talle diensvoertuie wat vir jare lank ongebruik in parkades staan.

Die Mbombela-plaaslike munisipaliteit (Nelspruit, Witrivier, Barberton, Hazyview, Kaapsehoop) het in Desember verlede jaar 20 bakkies en 15 sedans aangekoop, maar die VF Plus het bewyse dat voertuie van die vorige munisipale vloot met pap bande en vervalde lisensies in parkades en werkswinkels in Hazyview en Witrivier staan.

Volgens inligting wat die VF Plus het, was baie van die voertuie slegs vir instandhouding by dienssentrums. Vandag staan hulle nog steeds ongebruik.

Volgens antwoorde op geskrewe vrae aan die uitvoerende burgemeester, me. Sibongile Makushe-Mazibuko, is 14 van die nuwe sedans aan die munisipale verkeersdepartement gegee.

Die oorblywende 21 voertuie is as volg uitgedeel:

• 5 bakkies aan die departement van energie
• 4 bakkies aan water en sanitasie
• 3 bakkies aan paaie en stormwater
• 1 bakkie aan tegniese verkeersdienste
• 1 bakkie aan parke en begraafplase
• 1 bakkie aan sport, kuns en kultuur
• 1 bakkie aan die meganiese werkswinkel in die suidelike deel van die munisipaliteit
• 1 bakkie aan menslike nedersettings
• 3 bakkies aan algehele wetstoepassing
• 1 sedan vir burgermeestersondersteuning

Hoewel die nuwe voertuie om dienslewering in die munisipaliteit te verskerp verwelkom word, ontstaan die vraag of hulle optimaal gebruik gaan word en of hulle misbruik gaan word.

Die enigste manier om te verseker dat belastinggeld korrek bestee kan word, is om die ANC op 29 Mei as regering in Mpumalanga uit te stem. Die inwoners verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.