Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Aansuiweringsbegroting van Ekurhuleni fokus op die wen van stemme en nie op verbeterde dienslewering

Die ANC/EFF-regering in die Ekurhuleni-metroraad se aansuiweringsbegroting wat onlangs in die metroraad gedien het, is duidelik gefokus op die wen van stemme vir die 2024-verkiesing eerder as op verbeterde dienslewering.

Die aanpassings wat aan sekere departementele begrotings gemaak is, fokus nie op basiese dienslewering nie, veral nie teenoor die lojale inwoners wat getrou hul munisipale rekeninge betaal nie.

Die begroting maak nie eens behoorlik voorsiening vir die befondsing van onderhoud en herstelwerk aan munisipale infrastruktuur nie.

Dit is duidelik dat die ANC/EFF-regering se aanpassings aan die metro se begroting nie sinvol is om al die inwoners te dien nie.

Die VF Plus kan nie die aansuiweringsbegroting in die omstandighede steun nie. Die party eis dat basiese dienslewering herstel word en dat herstelwerk en onderhoud weer na behore uitgevoer word.

Ekurhuleni se inwoners is gefrustreerd met die swak dienslewering van die ANC/EFF-metroregering. Wanorde is aan die orde van die dag.

Straatligte word byvoorbeeld in die aand deur diewe afgesaag wat veiligheidsrisiko’s vir inwoners in die omgewing skep.

Onwettige kragaansluitings vind straffeloos plaas en is verlore inkomste vir die munisipaliteit. Uiteindelik betaal die lojale belastingbetalers vir daardie verliese, terwyl die ANC/EFF-regering nie hierdie probleem ʼn prioriteit maak nie.

Slaggate bly ʼn probleem en die herstelwerk raak al hoe verder agter.

Daar is steeds nie ʼn diensverskaffer aangestel om gras te sny nie en die interne spanne kan nie betyds by al die plekke uitkom wat gesny moet word nie.

Laastens is dit baie kommerwekkend dat die metro ʼn R3 miljard-tekort aan energie-inkomste in die middel van die finansiële jaar gehad het.

Die VF Plus dink nie dat hierdie tekort in die maande wat oor is, opgemaak kan word nie. Dit gaan lei tot ʼn toekomstige begrotingstekort.

Die VF Plus veroordeel hierdie aansuiweringsbegroting wat nie die basiese dienslewering vir almal in die metro aanspreek nie, maar veel eerder fokus op besteding wat stemme vir die ANC en EFF kan wen in die komende verkiesing.

Hierdie verkiesingsbegroting is egter te min te laat vir beide die ANC en EFF wat gaan sien hoe hul stemme gaan daal in die verkiesing.

Partye soos die VF Plus wat veg vir beter dienslewering en gebalanseerde begrotings, se stemme in Gauteng sal vermeerder omdat die VF Plus inwoners eerste plaas.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.