fbpx
Vryheidsfront Plus

Majuba – 27 Februarie: Herdenking van Afrikaner-boere se weerstand teen Britse imperialisme

Die tweede helfte van die negentiende eeu in Suider-Afrika is gekenmerk en oorheers deur Britse imperialisme en Britse kolonialisme.

Cecil John Rhodes het die simbool van hierdie Britse imperialisme in Suidelike Afrika geword.

In ’n toespraak by Oxford in 1877 het Rhodes gesê: I think that what God would like me to do is to paint as much of the map of Africa British Red as possible.

As gevolg van hierdie benadering volg die Anglo-Zoeloe oorlog in 1879 tussen die Britse Ryk en die Zoeloe Koninkryk.

Dit word in 1881 gevolg deur die eerste Anglo-Boereoorlog tussen die Britse Ryk en die Afrikaner Boere burgers van die Zuid-Afrikaansche Republiek.

Gister was dit presies 136 jaar na die slag van Majuba waar die Britte oortuigend deur die Boere verslaan is. 27 Februarie 1881 het die Britse genl. Colley die berg Amajuba beset as deel van sy veldtog om die ZAR in te val en vir Brittanje te annekseer. Die Boere onder leiding van genl. Piet Joubert en Nicolaas Smit het die Britte oortuigend daar verslaan in wat ek graag die Eerste Vryheidsoorlog noem. Die Britse genl. Colley is tydens die geveg gedood.

Hierdie oorlog was die enigste oorlog wat die Britte in die 19de eeu en tot vandag toe verloor het. Hulle het ook al vier die veldslae tydens die oorlog verloor.

Die VF Plus bring graag vandag hulde aan daardie Boere wat bereid was om hulle lewens op te offer in die geveg teen Britse imperialisme.

 

Kontaknommers: 083 419 5403 / 082 674 6670

 

 

 

 

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.