fbpx
Vryheidsfront Plus

Louis Trichardt-huisbrand: Brandweerdienste verval onder ANC-beheer

‘n Brand wat ‘n familiewoning in Flamboyantstraat in Louis Trichardt Dinsdagaand in puin gelê het, kan vierkantig voor die deur van die onbevoegde ANC-beheerde Makhado-plaaslike munisipaliteit en die Vhembe-distriksmunisipaliteit gelê word.

Plaaslike inwoners wat water aflewer in die dorp en lede van die gemeenskap moes self inspring om die brand te blus.

Die junior-brandweerpersoneel wat na die toneel ontplooi is met ‘n bakkie en ‘n brandweerwa het nie geweet hoe om die toerusting te gebruik nie.

Die plaaslike VF Plus-raadslid, Werner Esterhuizen, was op die toneel en het ingespring om die brandbestrydingstoerusting aan die gang te kry.

Die Makhado-plaaslike munisipaliteit gaan al vir maande gebuk onder watertekorte en talle brandkrane is ook gevandaliseer.

Bure met boorgate het water vir die bosvark-brandweerwa voorsien en ander inwoners het met hul eie brandbestrydingstoerusting en selfs emmers ingespring om die brand te blus.

Die bosvark-brandweerwa is egter nie geskik om enige groot brand te blus nie en die huis is totaal vernietig.

Volgens die Vhembe-brandweerdiens se afdelingshoof, Jack Ramalatso, is die twee junior brandweerbeamptes na die brand uitgestuur omdat senior beamptes reeds op ‘n ander toneel was.

Die VF Plus het in Maart 2023 'n klag by die menseregtekommissie (MRK) ingedien teen die Vhembe-distriksmunisipaliteit oor die voortslepende waterkrisis waaraan niks gedoen word nie.

Die party het ook in dieselfde maand ‘n strafregtelike klag ingedien teen die uitvoerende burgemeester van die Vhemde-distriksmunisipaliteit, mnr. Nenguda Dowelani, en die waarnemende munisipale bestuurder, mnr. NC Tshikovha, ingedien oor dieselfde kwessie.

Weens die nalatigheid van beide munisipaliteite is inwoners nou self verantwoordelik vir die blus van brande wat lewensbedreigend kan wees.

Munisipaliteite het ‘n wetlike verpligting om brandbestrydingsdienste aan inwoners te lewer. Die ANC-beheerde rade is nie in staat daartoe nie.

Die VF Plus bedank al die inwoners en sakelui wat ingespring het om die brand te probeer blus.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.