Inwoners van die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) kan vir nog ‘n paar dae sonder vullisverwydering wees weens die loonstaking van munisipale werkers sedert 11 Maart.
Dit is onbekend wanneer die loongeskil opgelos sal word en die diens hervat sal word.
Die VF Plus word oorval met klagtes deur ongelukkige inwoners wat meen hulle betaal vir ʼn diens wat nou nie gelewer word nie met vullis wat in hul erwe ophoop.
Die party deel die sentiment van inwoners.
Geen terugvoer hieroor is tot dusver ontvang van die burgemeester, Nozuko Best, of die munisipale bestuurder, Donald Mabuza Dumisani of enige amptenaar nie.
Dit is onaanvaarbaar dat inwoners gestraf word vir werkers se eise vir hoër salarisse.
Die munisipaliteit en werkers moes die loongeskil vroegtydig hanteer het om te voorkom dat dienslewering benadeel word.
Die VF Plus voorsien dat indien die kwessie nie gou bygelê word nie, dit kan uitkring na ander departemente in die munisipaliteit.