Die feit dat sakevertroue in Suid Afrika tot die laagste vlak in 45 jaar gedaal het, kan net voor die deur van die Suid Afrikaanse regering gelê word.
Die afgradering van Suid Afrika as beleggingbestemmimg na rommelstatus en die afdwing van irrasionele inperkingsregulasies deur die regering, het Suid Afrika se ekonomie ‘n genadelose nekslag toegedien.
‘n Peiling wat die Buro vir Ekonomiese Ondersoek (BEO) aan die Universiteit van Stellenbosch gedoen het onder 1800 bestuurslui in die konstruksie-, vervaardiging- en handelsbedryf, dui daarop dat ondernemings toenemend druk gaan ervaar op inkomste, terwyl swak aanvraag na goedere ‘n verlaagde omset sal meebring.
Dit gaan onafwendbaar lei tot verdere werksverliese.
Die verskillende vlakke van inperking het die ekonomie en handel so te sê tot stilstand gedwing en verbruikersvertroue geknou.
Die VF Plus eis dat die regering die irrasionele inperkings onverwyld opskort om die ekonomie se kans op herstel te bevorder.
Navrae: 082 466 3786 / 062 391 1804