fbpx
Vryheidsfront Plus

Korruptes sirkel om die oorskot van die ekonomie met hul oog op nood-, IMF-, en Covid-19-fondse

(Debat in NRP oor Aangepaste begrotingswetsontwerp)

Die regering het toegelaat dat Covid-19-hulpfondse, wat veronderstel was om aangewend te word om Suid-Afrikaners se nood en lyding te verlig, geplunder word deur dieselfde mense wat provinsiale en plaaslike regerings in die in afgrond bestuur het.

Noudat die ekonomie sy laaste stuiptrekkings gee, versamel die korruptes om ander Covid-19-hulpfonse soos die lening van die Internasionale Monetêre Fonds wat geoormerk is vir die voortbestaan van die land.

Die vraag is of hierdie fondse voldoende is om Suid-Afrika te red en of die land die plundering en korrupsie sal oorleef wat vererger is deur die ANC se inperking.

Die ekonomiese ramp word gebruik om politieke steun te werf teen groot koste vir die land.

Die huidige moontlike korrupsie-sage met Covid-19-fondse betrek ‘n koning, provinsiale wetgewers, munisipaliteite, politici en hul regstreekse en uitgebreide families. Selfs die president se seun word geïmpliseer.

Dit is 'n onbetwisbare feit dat die meeste Suid-Afrikaners, in 'n mindere of meerdere mate, hulp benodig tydens die inperking.

Dit is ook waar dat indien die regering die ekonomie nie voor die Covid-19-krisis grootliks vernietig het nie, die impak van die pandemie op die ekonomie nie naastenby so ernstig sou wees nie.

Die rigiede en meedoënlose inperkingsregulasies was die laaste spyker in die doodskis van die ekonomie. En terwyl die spykers van onregverdigheid, onbeskaamde diskriminasie en vernietiging van sakeondernemings in die kis gehamer word, staan ANC-kaders smalend en lag.

Minder finansiële ondersteuning sou nodig gewees het indien die regering nie handel, werkskepping en ekonomiese groei deur onbillike swart ekonomiese bemagtiging- en regstellende aksie-wetgewing beperk het nie, om nie te praat van jare van plundering en selfverryking nie.

Ongelukkig sal ons kinders en ons kinders se kinders verantwoordelik wees vir die toekomstige finansiële rente en internasionale skuld wat deur die korrupsie van ‘n politieke elite veroorsaak is.

Die tweelingkulture van bakhand en nie-betaling beteken dat die lot van honger kinders en bejaardes deur die vingers gesien word.

Navrae: 079 885 1135

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.