fbpx
Vryheidsfront Plus

Komitee stuit minister met aanstellingsproses van loteryraad-voorsitter

Die parlementêre portefeuljekomitee vir handel, nywerheid en mededinging, het minister Ebrahim Patel vandag gestuit in sy poging om ‘n kortlys van kandidate aan die komitee voor te hou as opvolger vir die omstrede voorsitter van die nasionale loteryraad, prof. Alfred Nevhutanda, wie se termyn op 30 November 2020 verstryk.

Die Nasionale Loterywet, Wet 57 van 1997, bepaal duidelik dat die voorsitter van die loteryraad aangestel word nadat die minister in die staatskoerant kennis gegee het, en in minstens twee koerante in elke provinsie belangstellendes genooi het om geskikte persone te nomineer.

Die portefeuljekomitee van die nasionale vergadering moet dan na ‘n deursigtige proses van oorweging aanbevelings maak aan die minister. Die verpligting om ‘n kortlys van kandidate saam te stel en aan die minister aan te beveel, berus dus op die komitee en nie by die minister self nie.

Na oorweging van verskeie regsopinies het die komitee eenparig besluit om weer Woensdag te vergader om ‘n werkswyse met nuwe tydlyne daar te stel om ‘n deursigtige en billike proses te laat plaasvind met die vul van die vakature.

Die VF Plus verwelkom die besluit van die komitee as ‘n voorbeeld oor hoe oorsigwerk ‘n minister en ‘n departement verantwoordbaar moet hou.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.