fbpx
Vryheidsfront Plus

Kantoor van Waardeerder-Generaal (WG) laat grondhervorming verder sloer

Die ANC-regering probeer die indruk skep dat onwillige verkopers die enkele groot rede is waarom die grondhervormingsproses misluk en dat onteiening sonder vergoeding daarom onvermydelik is. Die realiteit is egter dat onder meer die onbevoegdheid van amptenare ‘n groot remskoen in die proses is.

Oud-president Kgalema Motlanthe sê ook in sy verslag oor grondhervorming dat gebreke in beleid, swak toepassing van bestaande wette en korrupsie onder amptenare van die vernaamste redes is waarom grondhervorming nie vorder nie.

Die totale proses is nou verder gekniehalter met die instelling van die Kantoor van die Waardeerder-Generaal (WG) wat sedert 2016 die finale sê het oor die waarde van grond in ‘n grondeis.

Uit antwoorde op geskrewe vrae van die VF Plus aan die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming (Maite Nkoana-Mashabane) oor die funksionaliteit van die WG se kantoor, blyk dit dat die kantoor bloot ‘n verdere bottelnek vorm wat groot vertragings veroorsaak. (Vrae en antwoorde hierby aangeheg).

Van die 827 waardasie-aansoeke wat die WG in die eerste jaar na sy totstandkoming in 2016 (2016/17) ontvang het, is minder as die helfte (slegs 409) gefinaliseer.

In die 2017/18-boekjaar het die aansoeke skerp toegeneem tot 1 363 waarvan slegs 749 afgehandel is. Dit beteken dat net 1 158 aansoeke afgehandel is van die 2 190 wat die kantoor sedert sy stigting in 2016 ontvang het.

Dit hou groot implikasies vir boere in wie se hande met ‘n eis gebind word om sinvol verder te boer of sy toekoms te beplan.

Die doel van die kantoor was volgens die regering om “billike en regverdige” vergoeding vir grond vas te stel deur sy eie waardasies. In die praktyk is daar egter groot ontevredenheid oor die WG se waardasies wat in sommige gevalle so laag as 45% van die departement se waardasie is.

Die rede hiervoor is dat die WG ‘n stel subjektiewe kriteria het wat ‘n groot invloed het op sy waardasie-bepaling. Luidens die geskrewe antwoorde van die minister is dit:

Die WG se besluite en beslissings hieroor is eensydig en finaal en lei tot groot verwarring en ontevredenheid onder grondeienaars omdat daar in baie gevalle nie duidelikheid is waarom die waardasies so ver benede markwaarde is nie.

Die minister sê in haar geskrewe antwoord voorts dat die gemiddelde tydsverloop om ‘n waardasie te prosesseer sowat vyftig werkdae is, net langer as twee maande.

Uit korrespondensie met personeel van die grondeise-kommissaris in die VF Plus se besit, blyk dit egter dat daar groot frustrasie selfs in dié kantoor is oor die gesloerdery in die kantoor van die WG waar daar in sommige gevalle na agt maande nog geen uitslag is nie en dit duidelik ‘n gesukkel is om bloot te kommunikeer met personeel van dié kantoor.

Die regering moet ophou met sy aanhoudende verdagmaking van boere as narratief vir sy eie mislukking met die grondeise-program. Veral die kantoor van die WG het dringende aandag nodig en sy kapasiteit sal dringend en daadwerklik versterk moet word om die proses te versnel.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216

 

Vrae en antwoorde:

NATIONAL ASSEMBLY

WITTEN REPLY

 

QUESTION 1407

 

INTERNAL QUESTION PAPER [No 15-2018 FIFTH PARLIAMENT]

DATE OF PUBLICATION: 11 MAY 2018

 

1407. Dr P J Groenewald (FF Plus) to ask the Minister of Rural Development and Land Reform:

 

(1) How many valuation reports has the Office of the Land Valuer-General (i) received and (ii) successfully finalised since his appointment in the (a) 2014-15, (b) 2015-16, (c) 2016-17 and (d) 2017-18 financial years;

 

(2) what is the average period of time for processing and finalising a valuation by the office;

 

(3) (a) what factors are taken into account at the determination of a valuation in the office and (b) how are the factors reflected in the valuation formula as applied by the Office of the Land Valuer-General;

 

(4) whether he will make a statement about the matter? NW1509E

 

 

THE MINISTER OF RURAL DEVELOPMENT AND LAND REFORM:

 

(i) (a) 2014-2015: the OVG was not yet operational

(b) 2015-2016: initial OVG set-up phase

(c) 2016-2017: 827

(d) 2017-2018: 1363

 

(ii) (a) 2014-2015: none because the OVG was not operational

(b) 2015-2016: initial OVG set-up phase

(c) 2016-2017: 409

(d) 2017-2018: 749

 

(2) The set standard turn-around time for processing and finalising a valuation by the OVG is 50 working days.

 

(3) (a) Where property is being valued in terms of S12 (1) of the Property Valuation Act No 17 of 2014, (i.e where a property has been identified for purpose of land reform), the following factors are taken into account:

 

– Current use of the property;

– History of the acquisition and the use of the property;

– Market value of the property;

– Extent of direct state investment and subsidy in the acquisition and beneficial capital improvement of the property; and

– Purpose of the acquisition.

 

(3) (b) The value of each of the five factors listed in 3(a) is reflected in the final value determined by the Office of the Valuer-General.

 

(4) No

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.