fbpx
Vryheidsfront Plus

Kabinetskommeling beteken niks vir land se probleme nie

President Cyril Ramaphosa het met sy kabinetskommeling absoluut niks gedoen aan die twee wesenlike krisisse wat ’n groot bedreiging vir die land en sy inwoners inhou nie, naamlik krag en misdaad.

Wat die kragkrisis aanbetref, het die president dr. Kgosiento Ramokgopa as minister van elektrisiteit aangewys wat wesenlik niks anders as ’n projekbestuurder gaan wees nie.

Dit terwyl dr. Ramokgopa enkele jare gelede as uitvoerende burgemeester van Tshwane omstrede was juis weens ’n elektrisiteitsfiasko rondom slimkragmeters in die stad.

Dit was ’n oefening in die kleine van wat nou met Eskom op die minister wag.

Die doel van die slimmeters was om die stad se slegte skuld te verminder en kontantvloei te verbeter. Eindelik was die projek ’n totale mislukking en het die stad R1,2 miljard gekos.

Daarbenewens sit Bheki Cele steeds stewig in sy stoel as minister van polisie terwyl misdaad die land verswelg.

Dit maak dit duidelik dat die president geen wil het om die land waarlik uit sy verknorsing te red nie.

Ná die president se staatsrede was die verwagting groot dat hy daadwerklik sy kabinet sou verklein en hy het dit vanaand ook met sy kabinetskommeling aangekondig. Maar ook hier het niks van gekom nie.

Wat met dr. Nkosazana Dlamini-Zuma gebeur het, is ’n goeie aanduiding van die skuiwe wat die president gemaak het deur sy vriende na aan hom te hou en sy vyande nog nader.

Selfs nadat dr. Dlamini-Zuma teen die ANC se voorskrifte in daarvoor gestem het dat die parlement pres. Ramaphosa oor Phala Phala ondersoek, het hy nie van haar ontslae geraak nie, maar eerder in sy binnekring aangestel.

Sy is die die nuwe minister van vroue, kinders en mense met gestremdhede in die presidensie.

Uiteindelik het die president net sy eie posisie met die skuiwe verstewig ten koste van die mense van Suid-Afrika.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.