Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Emfuleni ontvang gekwalifiseerde oudit weens wanbestuur

Die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) het ‘n gekwalifiseerde ouditverslag van die ouditeur-generaal (OG) ontvang vir die 2021/22-finansiële jaar.

Dié bevinding kan net aan die ANC se wanbestuur van die munisipaliteit toegeskryf word.

Die munisipaliteit se onreëlmatige uitgawes beloop R232 305 800, verkwiste uitgawes R827 881 210 en ongemagtigde uitgawes beloop R2 708 864 475.

Die oorsake hiervan is ‘n gebrek aan verantwoordbaarheid en swak prestasie in bestuursposte.

Kragverliese in die munisipaliteit beloop 23% of R598 miljoen en waterverliese 63,7% of R733 miljoen van die totale grootmaataankope.

Onwettige krag- en waterverbindings en waterlekkasies dra by tot hierdie verliese.

Die verslag maak dit duidelik dat daar twyfel bestaan aan die munisipaliteit se vermoë om as ‘n lopende saak voort te gaan.

Munisipale geboue is in ‘n vervalle toestand en is nie behoorlik in stand gehou of beveilig om diefstal en vandalisme te voorkom nie.

Geen redelike maatreëls is getref om rioolbesoedeling te voorkom nie.

Die gehalte van die uitvloeisels by die afvalwaterbehandelingsaanlegte voldoen nie aan die voorskrifte van lisensievoorwaardes soos vervat in die Nasionale Waterwet nie.

Toetse om die kwaliteit van die uitvloeisel vas te stel is agt maande gelede uitgevoer, maar geen maatreëls is daarna getref om aan die wetlike voorskrifte te voldoen nie.

Die OG se aanbevelings aan die munisipaliteit is:
• Vakatures moet gevul word;
• Interne beheer moet versterk word;
• Bevindinge en oorsake wat die OG in sy verslag aangedui het, moet aangespreek word;
• Aanbevelings en advies om herhalings te voorkom moet uitgevoer word;
• Maatreëls om prestasie te verseker moet in werking gestel word;
• Risikobestuur-prosesse moet versterk word.

Die uitkoms van die OG se verslag kom as geen verrassing vir die VF Plus nie.

Inwoners ervaar daagliks die wanbestuur van die munisipaliteit. Vullisverwydering geskied sporadies, paaie is verflenter en riool vloei in die strate. Van sigbare dienslewering is daar geen sprake nie.

Die VF Plus waarsku soos die OG al ‘n geruime tyd dat Emfuleni nie meer as ‘n lopende saak bedryf kan word nie.

Emfuleni verdien beter as die onbevoegde ANC.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.