Voortslepende kabeldiefstal in die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) het gelei tot 'n ernstige kortsluiting en brand by die Munic-substasie in Vanderbijlpark wat die dorp sedert Maandagaand sonder krag gelaat het.
Die Munic-substasie is die hooftoevoer-substasie vanaf Eskom waarvan elektrisiteit na ander substasies versprei word.
Die munisipaliteit was in staat om herstelwerk te doen waarna krag na gedeeltes van Vanderbijlpark teen gistermiddag herstel is.
Die 30MVA-transformator wat in die proses beskadig is, se vervangingskoste beloop sowat R10 miljoen. Dit is onduidelik wanneer kragtoevoer ten volle herstel sal wees omdat transformators nie bloot van die rak af gekoop kan word nie.
Die VF Plus is bekommerd omdat die munisipaliteit se elektriese afdeling nie beskermingstelsels in plek het om skade te voorkom wanneer ‘n verhoogde stroom elektrisiteit deur ‘n substasie gevoer word nie.
In die geval van die Munic-substasie het kabeldiefstal veroorsaak dat ‘n groot onvoorsiene volume elektrisiteit deur die transformator gevoer word.
Die VF Plus gaan die administrateur, mnr. Gilberto Martins, versoek om voorsiening in die munisipaliteit se begroting te maak om die nodige voorkomende maatreëls in te stel om nog skade by substasies te voorkom weens skielike kragstuwings.
Dit is net nog ‘n voorbeeld van die wanadministrasie van Emfuleni deur nie die nodige voorsorgmaatreëls in plek te hê en noodsaaklike instandhouding te doen om Emfuleni se kragnetwerk te beskerm nie.
Inwoners kan hierdie wanadministrasie stop deur seker te maak hulle is geregistreer om met die plaaslike verkiesing op 27 Oktober saam met die VF Plus op te staan, saam te staan en ‘n sterk boodskap aan die ANC te stuur dat gebrekkige dienslewering en die verval van munisipaliteite gestop moet word.
Navrae: 076 616 2124


