fbpx
Vryheidsfront Plus

JMPD: Volle verhaal agter omstrede Douglasdale-video nog nie vertel

Die VF Plus is nie verbaas oor die besluit van die Johannesburgse metropolisie (JMPD) om nie die metropolisie-beampte, wat betrokke was by die hardhandige behandeling van ‘n vrou by die Douglasdale-polisiekantoor terwyl ‘n verpleegsuster ‘n bloedmonster van haar wou neem, te vervolg nie.

Inligting tot die VF Plus se beskikking, waarvan die detail nie nou bekend gemaak kan word nie, dui daarop dat daar moontlik wel onregmatige optrede deur die beamptes was reeds voor die neem die bloedmonster en met die neem van die monster.

Die VF Plus is daarom van mening dat die JMPD buite sy mandaat, soos voorgeskryf deur die wet, opgetree het en gaan die saak verwys na die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (OPOD) vir verdere ondersoek.

Die party het ná die voorval met die slagoffer en ooggetuies gepraat en hulp aangebied. Bykomende inligting rondom die saak is ontvang en die VF Plus beplan strafregtelike klagte teen die betrokke metropolisie-beamptes.

Die ondersoek deur die VF Plus gaan ook uitgebrei word na die mediese personeellid in die video en ‘n moontlike klagte gaan by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika ingedien word.

Dit is jammer dat die Johannesburgse metroraad en die burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid, Michael Sun, die geleentheid gemis het om die saak na behore te ondersoek en die slagoffer se regte te beskerm.

Die VF Plus sal nie toelaat dat metro-polisiebeamptes hul magsposisie misbruik om die publiek intimideer en viktimiseer nie.

Kontaknommer: 066 010 1066

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.