fbpx
Vryheidsfront Plus

Inhegtenisneming rondom Bosasa mag nie selektief wees nie

Inhegtenisnemings wat spruit uit getuienis oor Bosasa se onwettige bedrywighede mag nie selektief wees nie en alle persone wat betrokke was by enige vorm van bedrog of korrupsie, moet oor dieselfde kam geskeer word, insluitende politici.

Luidens mediaberigte blyk dit dat die Valke se direktoraat vir prioriteit-misdaadondersoeke reeds sewe mense in hegtenis geneem het op aanklagte van korrupsie, geldwassery en bedrog, insluitende Angelo Agrizzi, voormalige bestuurshoof van Bosasa, en Linda Mti, ‘n voormalige kommissaris van korrektiewe dienste.

Dit sal insiggewend wees om te sien of mense soos die vorige staatspresident, mnr. Jacob Zuma en me. Dudu Myeni, vorige SAL-raadsvoorsitter, ook in die net gaan beland aangesien hulle in getuienis voor die Zondo-kommissie direk by korrupsie betrek is.

Daar kan ook nie gesien word waarom Gavin Watson, hoof-uitvoerende beampte van Bosasa, nie onder diegene is wat nou in hegtenis geneem is nie.

Die VF Plus is nie ten gunste van borgtog vir enige van die persone wat in hegtenis geneem word op grond van klagtes wat met staatskaping te make het nie aangesien hulle duidelik ‘n groot vlugrisiko inhou.

Die inhegtenisneming van Agrizzi in hierdie stadium kan ook die boodskap aan moontlike fluitjieblasers stuur om eerder te swyg. Die veronderstelling sou wees dat hy moontlike immuniteit teen vervolging sou ontvang indien hy die volle waarheid vertel voor die Zondo-kommissie, en op ander plekke waar hy moontlik ook nog moet getuig.

Hy is tans nie ‘n vlugrisiko nie aangesien hy reeds in ‘n getuiebeskermingsprogram van die staat is.

Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.