Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Infrastruktuur-krisis in Ermelo: Leë beloftes bedreig plaaslike ekonomie

Die Msukaligwa-plaaslike munisipaliteit se laksheid en leё beloftes om die vervalle paaie in Ermelo te herstel, hou ʼn ernstige bedreiging in vir lewens, eiendom en die plaaslike ekonomie.

Op 22 April 2026 het ’n vragmotor van ’n plaaslike onderneming byna omgeslaan op ʼn grondpad nadat dit in ’n diep sloot voor dié onderneming vasgeval het. Uit vrees vir verdere ongelukke het ondernemings Saratoga- en Haroldstraat vir vragmotorverkeer gesluit.

‘n Informele vergadering met die verkeersdepartement het kort daarna op die toneel plaasgevind.

Die swak toestand van Ermelo se paaie het reeds ’n negatiewe impak op ondernemings. Plaaslike ondernemings het die probleem herhaaldelik onder die munisipaliteit se aandag gebring, maar die beloofde teerwerk van dié spesifieke grondpaaie, wat meer as ’n jaar gelede aangekondig is, het nooit plaasgevind nie.

Vragmotors wat die aangewese roetes vir swaarvoertuie vermy en alternatiewe strate gebruik wat nie vir swaar verkeer ontwerp is nie, vererger die toestand van paaie.

Sedert 13 Februarie 2023 het die VF Plus die kwessie 19 keer formeel aan die munisipaliteit gerapporteer, met waarskuwings oor die gevolge van uitgestelde optrede en het selfs praktiese oplossings aangebied.

Hierdie pogings is egter geïgnoreer. Die gevolg is dat herstelkoste nou minstens vyf keer hoër is as wat dit sou wees met tydige instandhouding. Daarby hou moontlike eise vir beskadigde voertuie, beserings en selfs lewensverlies ’n ernstige finansiële risiko vir belastingbetalers in.

Die ANC-administrasie se patroon van reaktiewe optrede en ‘n gebrek aan politieke wil het die munisipaliteit in ’n infrastruktuur- en finansiële krisis gedompel.

Die VF Plus loods nou ʼn petisieveldtog om die stemme van ondernemings te mobiliseer en die munisipale bestuur tot aanspreeklikheid te dwing.

Dit is onaanvaarbaar dat die dryfkrag van die plaaslike ekonomie eers tot uiterste optrede moet oorgaan voordat hulle gehoor word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.