Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Huldeblyk aan Babita Deokaran: Die mafiastaat is grootse bedreiging vir land se soewereiniteit

Die VF Plus het tydens ʼn sitting van Gautengse wetgewer ʼn mosie gesteun wat hulde bring aan die vermoorde fluitjieblaser Babita Deokaran en beklemtoon dat die misdadige mafiastaat die grootste gevaar inhou vir die soewereiniteit van Suid-Afrika.

Deokaran se optrede dien as ʼn morele kompas wat die foute van Gauteng en die land uitwys.

Haar opoffering het weereens aangedui dat menslike lewe in ons gemeenskap nie veel werd is nie. Dit dui ook aan dat groot dele van die staat se stelsels verstrengel is deur ‘n Leviatan, ‘n draak wat geen respek vir lewe het nie.

Desnieteenstaande al die harde werk van die polisie en die spesiale ondersoekeenheid (SOE), is dit ‘n feit dat talle mense steeds sinneloos sterf aan die hand van misdadige elemente.

Statistieke het ‘n wyse om die skrikwekkende ervaring van die slagoffers te verberg, maar dui wel aan hoeveel mense se lewe in die naam van materiële gierigheid geneem is. Agter elke stukkie statistiek is daar die laaste asem van ‘n persoon wat veg om te bly lewe, is daar vriende en familie wat gebroke gelaat word en ‘n gemeenskap wat in vrees leef wetende dat een van hulle volgende kan wees.

Babita Deokaran wys aan ons dat die Leviatan van misdadigheid steeds groei en besig is om te transformeer tot ‘n mafiastaat wat bykans alle dele van die gemeenskap binnedring en beset.

Gegewe hierdie feite is die beste wyse om Deokaran te eer deur ons wat nog die stryd vir orde en menswaardigheid voortsit, om te sorg dat die draak uitgeroei word en dat die swaard van geregtigheid effektief gebruik word.

Dit is ons taak om te sorg dat die Bybelse wet wat ‘n verbod plaas op moord, weer waardeer word as ‘n morele grondslag wat mense teen mekaar beskerm en waarop ‘n gesonde samelewing gebou word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.