fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Hou die staat so ver moontlik weg (Debat in parlement oor wat aan die elektrisiteitskrisis gedoen moet word)

Wat die land se kragkrisis aanbetref, moet die private sektor so veel as moontlik doen en die staat so min as moontlik.

Dit is nie ‘n ideologiese posisie nie, maar gegrond op die prestasie van die onderskeie rolspelers die afgelope dekade of twee.

Oor die algemeen kan gesê word dat die private sektor beter in die bestryding van onbekwaamheid en oneerlikheid presteer, terwyl die staat maatskaplike behoeftes en die lang termyn beter verreken.

In Suid-Afrika is dit egter anders. Hier slaag die staat nie een van die toetse nie.

Dit is noodsaaklik dat Eskom soveel krag opwek as wat dit kan, maar ook dat die frekwensie in die kragnetwerk gehandhaaf word.

Dit sal private produsente in staat stel om die netwerk, teen vergoeding, vir eie gebruik en verkope te benut.

Die staat moet sorg dat die mark vir elektrisiteit oopgestel word en dat regulering oor veiligheid gaan – nie oor die vraag wie toegang daartoe kan kry nie.

Sommige lede dink dadelik aan sogenaamde wit monopoliekapitaal as hulle van die private sektor hoor.

In werklikheid bestaan dit uit gewone mense wat in groot en klein ondernemings werk en besluite beïnvloed. Dit is mense wat hier is om te bly en besef dat beloning soms uitgestel moet word.

Tans word elektrisiteit sentraal opgewek en versprei. In die toekoms sal dit toenemend verspreid opgewek én verbruik word.

Die huidige krisis is die gevolg van mense wat elkeen ‘n klein bietjie skade gedoen het, sonder inagneming van die skade waartoe dit sou opbou.

Dit is dieselfde wyse waarop die krisis opgelos gaan word: Deur talle rolspelers wat elkeen bydra, sonder ‘n tussenganger wat die inkomstestroom na individuele sakke kan herlei.

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.