fbpx
Vryheidsfront Plus

Repliek op provinsiale rede: Limpopo-premier se provinsiale rede is teleurstellend

Stan Mathabatha, die premier van Limpopo, het teleurgestel met sy provinsiale rede en het geen duidelik visie vir die toekoms van die provinsie gebied nie. Die premier is nie in voeling met wat op voetsoolvlak gebeur nie en sy planne is onrealisties.

Korrupsie, nepotisme en mense wat nie in alle dele van provinsiale en munisipale bestuur op meriete aangestel is nie, is steeds die wortel van alle kwaad in die provinsie. Die provinsie se ekonomie groei met skaars 1% met 'n lae groei-vooruitskatting sonder enige werkbare ekonomiese plan wat werk kan skep.

Alhoewel die onderwys verbeter het ten spyte van verskeie uitdagings, moet daar nog baie gedoen word om die standaarde te bereik wat in ooreenstemming is met die res van die land.

Vaardigheidsontwikkeling moet drasties verbeter om te verseker dat geskoolde werkers bydra tot die ekonomie van die provinsie. Gesondheidsdienste soos hospitale en klinieke is in 'n swak toestand en voldoen nie aan die basiese gesondheidsbehoeftes van die bevolking nie.

In die landbousektor, wat 'n ernstige behoefte het aan droogtehulp-verligting en met die bek-en-klouseer wat 'n verwoestende uitwerking op die ekonomie gehad het, het die provinsiale regering min of geen hulp verleen nie. Die oordrag van vaardighede in die landbousektor is swak, en die hoop vervaag vir opkomende boere wat tot die ekonomie kan bydra.

Daar is geen betroubare basiese dienste van hoë gehalte nie, aangesien korrupte persone in munisipaliteite elke geleentheid aangegryp om hul eie rykdom te bou terwyl rioolwater langs die paaie af stroom.

Onwettige nedersettings is 'n daaglikse werklikheid in die meeste munisipaliteite waar feitlik geen dienslewering is nie en dit hou 'n groot gevaar vir die omgewing in.

Veiligheid van inwoners moet verbeter. Plaasmoorde duur voort en misdaad is aan die orde van die dag. Polisiëring is swak met min respek vir menselewens en eiendom.

Die VF Plus sal nie toelaat dat die provinsie verder agteruit gaan weens swak bestuur nie en die tyd het aangebreek dat mense aanspreeklik gehou word vir swak dienslewering.

Kontaknommer: 066 024 4623

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.