fbpx
Vryheidsfront Plus

Heidelberg (Gauteng) se boere is besorg oor nuwe steenkoolmyn om Eskom te help

Die boere van Elandsfontein aan die suide van Heidelberg soek deurdagte planne en antwoorde van Anglo American Inyosi Coal alvorens hulle ‘n ondergrondse projek gaan toelaat om steenkool aan Eskom se Grootvlei-kragstasie te voorsien, sê Mari Boshoff, VF Plus-stadsraadslid in Lesedi.

Die boere het verlede week ‘n intense vergadering met mynbase gehad en baie vrae is gevra. Hulle het ook daarop aangedring dat korrespondensie tussen die myn en hulle in Afrikaans moet geskied.

Raadslid Boshoff was op die vergadering en praat gereeld met die besorgde boere. “Die beplanning is nog in die begin stadium en daar sal nog redelik tussen boere en mynbase onderhandel moet word voordat die steenkoolmyn ‘n werklikheid word,” het sy gesê.

Boere is veral besorg oor die volgende aspekte:

Die area waar die myn beplan word, is een van Gauteng se grootste graan produseerders. Wat is belangriker – die myn of voedselvoorsiening? Die myn is ‘n ondergrondse ontwikkeling en slegs die skag en kantore sal ‘n impak op boere se grond hê. Die myn sal ook met staatsdepartemente in gesprek tree gedurende die besluitnemingsproses.

“’n Mynontwikkeling in die hartjie van ‘n groot voedselproduserende gebied word nie altyd met ope arms ontvang nie. Die VF Plus hou die situasie fyn dop,” het rdl. Boshoff na afloop van die vergadering gesê.

 

Mari Boshoff

VF Plus raadslid: Lesedi

072 547 0481

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.