fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Hantam: Sentralisering van beheersentrum vir nooddienste en te min ambulanse strem dienste

Die sentralisering van die beheersentrum vir nooddienste en te min ambulanse strem dienste in die Hantam-plaaslike munisipaliteit.

Dié munisipaliteit, wat bestaan uit Brandvlei, Calvinia, Loeriesfontein, Middelpos en Nieuwoudtville, is sowat dubbel so groot as die hele Gauteng-provinsie.

Swak padtoestande en groot afstande veroorsaak dat ambulanse dikwels nie diensbaar is nie.

Twee ingrypings van die Noord-Kaapse regering moes die probleem help oplos: Sentralisering van die beheersentrum vir nooddienste na Upington en die aankoop van ekstra ambulanse. Dit is egter ondoeltreffend.

Die beheersentrum in Calvinia was tevore beman deur beamptes wat plaaslike padtoestande geken het.

Die distriksmunisipaliteit het dit egter na Upington, 416km vanaf Calvinia, verskuif. Daardie beamptes verskaf dikwels foutiewe inligting, sodat ambulanse by verkeerde adresse opdaag of selfs glad nie.

Verder is die twee ambulanse wat tydens die provinsiale rede vroeër vanjaar aan Calvinia oorhandig is, onvoldoende.

Hierdie onbeskikbaarheid van noodvoertuie dwing die gemeenskap telkens om self planne maak om mediese dienste te bereik.

Armer mense, veral kinders en ouer mense, ly die meeste hieronder.

Paaie wat met die seisoen se welkome reën verspoel het en steeds nie herstel is nie, vererger die probleem. Al hierdie faktore beteken dat sommige inwoners feitlik geen toegang tot mediese dienste het nie.

Die VF Plus dring daarop aan dat 'n volledige ontleding gedoen moet word van die situasie.

Die VF Plus het 'n brief geskryf aan die hoof van gesondheidsdienste in die Namakwa-distrik, mnr. Daniel Grootboom, sowel as die waarnemende distriksbestuurder vir nooddienste, mnr. Ayabonga Somi, om die probleme rondom mediese nooddienste in die Hantam dringend aan te spreek.

Die situasie kan nie so voortduur nie. Mense se lewe en gesondheid is hier op die spel.

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.