Die VF Plus het vandag in ’n skrywe ’n dringende beroep gedoen op Limpopo se LUR vir openbare werke, me. Nkakareng Rakgoale, om toe te sien dat kragtoevoer by die Groothoek-kliniek naby Zebediela in die Lepelle Nkumpi-plaaslike munisipaliteit (Lebowakgomo, Zebediela, Groothoek) herstel word.
Die Groothoek-kliniek is al vir drie weke sonder krag en kan nie optimaal funksioneer nie.
In ’n opvolgskrywe vandag wil die party ook by die LUR weet wat die totale agterstallige skuld is wat die departement van openbare werke regoor die provinsie aan Eskom verskuldig is.