fbpx
Vryheidsfront Plus

City Power beplan om twee hospitale se kragtoevoer te staak

City Power beplan om die kragtoevoer na twee provinsiale hospitale, Helen Joseph en die Rahima Moosa-moeder en kind, te sny weens uitstaande skuld van R32 miljoen.

Die Gautengse departement van openbare werke is verantwoordelik vir die vereffening van die hospitale se kragskuld aan Power City.

Hierdie is ʼn tipiese voorbeeld van swak interne administrasie waar ʼn ANC-beheerde metro die krag wil sny na hospitale onder die beheer van ʼn ANC-beheerde provinsie.

Dieselfde praktyk geld binne die Johannesburgse metro se onderlinge departemente wat geld aan mekaar verskuldig is vir dienste gelewer.

Die geld wat die departemente mekaar skuld is deel van hul jaarlikse begrotings, maar amptenare is laks om die geld tussen die departemente oor te dra om finansiële state te laat balanseer.

Hierdie swak administrasie veroorsaak ʼn negatiewe balans op die onderskeie departemente se finansiële state terwyl hulle mekaar eerder moet ondersteun.

So skuld baie departemente die Joburg Property Company (JPC) miljoen vir onderhoudswerk aan die metro se geboue, maar betaal dit nie oor nie. Dit veroorsaak dat JPC se finansiële state nie klop nie.

Die VF Plus waarsku al vir jare teen hierdie praktyk waar die hand die voet afsny omdat departemente se finansiële afdelings se werkswyses nie ooreenstem nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.