fbpx
Vryheidsfront Plus

Gestremdheid: Fokus op vermoë eerder as stremming

Die VF Plus het onlangs aan die debat oor die verslag van die Suid-Afrikaanse Kommissie vir Menseregte oor die ‘Status van Kinders met Gestremdhede in Suid-Afrika’ deelgeneem. Die verslag het gefokus op kinders met ernstige intellektuele gestremdheid.

Die VF Plus se standpunt aan die hand van die debat is dat gefokus moet word op ‘n gestremde persoon se vermoë en nie op sy of haar gestremdheid nie.

Tradisionele gemeenskappe regoor die wêreld het altyd maniere gehad om mense wat "anders" is, in te sluit.

Mettertyd het die mediese en sielkundige wetenskappe gehelp om sulke toestande beter te verstaan. Ongelukkig het dit daartoe gelei dat hierdie mense uit die gesin en gemeenskap na inrigtings verwyder is.

Terselfdertyd het die neiging ontwikkel om op die stremming, liewer as vermoë, te fokus. Dit is skadelik, want soos elke mens 'n nasionale bate is, net so het elke mens bepaalde vermoëns.

Intussen het die positiewe sielkunde as 'n wetenskaplike dissipline na vore getree. Dit fokus op die vermoë, liewer as die stremming.

Indien gesinne, gemeenskappe, die wetenskap en 'n toegewyde onderwyskorps hande vat, kan mense met intellektuele gestremdhede weer ingesluit word. Dit kan die waardigheid van die individu en die gemeenskap herstel.

Kontaknommer: 074 166 5540

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.