Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Gesondheid- en veiligheidsdienste van Wes-Rand-distriksmunisipaliteit in die weegskaal met onbefondsde mandaat

Die Wes-Rand-distriksmunisipaliteit (WRDM) moet aan inwoners verduidelik hoe hy beoog om openbare veiligheid- en gesondheidsdienste met ʼn onbefondsde mandaat te lewer.

Dit was die vraag van die VF Plus in repliek op die distriksrede van die burgemeester, mnr. Dennis Thabe.

Dié dienste word al vir jare gelewer sonder enige noemenswaardige befondsing van die provinsie, wat algaande gelei het tot minder ambulansdienste en brandweervoertuie.

Die brandweerdiens word veral in die winter hierdeur geraak aangesien dit die tyd is wanneer meer brande voorkom.

Die burgermeester het in sy toespraak gesê die WRDM doen alles in sy vermoë om diensleweringsuitdagings aan te spreek. Hy het egter geen konkrete plan voorgelê oor hoe dit in die praktyk gedoen gaan word nie.

Die VF Plus wou weet wat die munisipaliteit gaan doen om rioolstorting asook water- en lugbesoedeling aan te spreek. Die luggehalte-monitor by die Yarona-kliniek in Mohlakeng is vier jaar reeds buite werking en sal sowat R250 000 kos om te vervang.

Die VF Plus wou ook van die burgemeester weet:

• Waarom daar net melding gemaak word van sommige nedersettings se suksesse terwyl geen terugvoering gegee word oor die mislukkings van die Montrose-dorpsontwikkeling nie?
• Wat is die plan om hierdie nedersettings van grootmaatdienste te voorsien?
• Is daar enige samewerkingsprojekte tussen die WRDM en die gemeenskap van Weifang in China of enige ander buitelandse belegger? Indien so, watter vordering is gemaak en wat behels die projekte?

Die WRDM se voortbestaan word in die weegskaal geplaas deur wanbestuur tot nadeel van almal wat van die noodsaaklike dienste afhanklik is.

Munisipaliteite moet diens en veral noodsaaklike dienste aan al sy gemeenskappe lewer, en dit kan net gedoen word indien die munisipaliteit suksesvol bestuur word wat hier nie die geval is nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.