Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Gerugte oor koalisie tussen VF Plus en ANC kwaadwillig

Die Vryheidsfront het geen ooreenkoms met die ANC of enige ander party aangegaan oor koalisies soos allerlei kwaadwillige gerugte dit wil hê nie, sê dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus.

Dr. Mulder sê hierdie gerugte word versprei deur individue wat die VF Plus wil benadeel. Die party se standpunt oor koalisies soos voor die verkiesing gestel, het nie verander nie. Dit behels dat besluite oor koalisies nie op plaaslike vlak onderhandel sal word nie maar deur die VF Plus se hoogste beleidmakende liggaam.

“Teoreties is daar 14 dae beskikbaar voordat finale besluite geneem hoef te word. Die hoofriglyn in onderhandeling sal wees hoe die belange van die VF Plus se kiesers die beste in 'n munisipaliteit bevorder kan word,” sê dr. Mulder.

 

Navrae: 083-419-5403

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.