Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Geen wet sal probleme by land se gesondheids-laboratoriumdienste oplos solank korrupsie en bedrog gedy nie

*Nota aan joernaliste: Hier volg uitreksels uit die toespraak van VF Plus-LP, Wouter Wessels, tydens die debat oor die Wysigingswet oor Nasionale Gesondheids-laboratoriumdienste in die parlement.

Blote veranderings aan ‘n wet sal nie die probleme by Suid-Afrika se nasionale gesondheids-laboratoriumdienste oplos nie. Daar moet ‘n politieke wil wees om dié belangrike diens reg te ruk. Slegte elemente moet strafregtelik aangekla word en bekwaamheid moet voorop gestel word.

Die diens het tans tot só ‘n punt verswak dat ‘n surplus van R274 miljoen binne een jaar uitgewis is en geval het tot ‘n tekort van byna R1 miljard en onreëlmatige uitgawes van R1.8 miljard.

Dit is nie net vanweë agterstallige skuld van provinsies nie. Dit is wel ‘n groot probleem wat aandag geniet in die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheids-laboratoriumdienste. Die ware probleem is korrupsie en finansiële wanbestuur wat oor dekades toegelaat is om endemies te word. Dit het die instelling lamgelê en kan nie langer voortduur nie.

Daar moet opgetree word en skuldiges moet tot verantwoording geroep word. Dit het nou al die gebruik geraak dat amptenare wat openbare geld in hul eie sakke druk, bloot bedank wanneer hul wandade aan die lig kom, soos ook reeds by die laboratoriumdiens gebeur het.

Dit moet verander. Daar moet gevolge wees vir diegene wat staatsgeld steel en hulle moet sonder meer strafregtelik vervolg word.

Die betrokke wetsontwerp gee aan die minister die magte om bekwame raadslede aan te stel wat op hul beurt bekwame en toegewyde amptenare kan aanstel. Dit is ‘n goeie vertrekpunt om die instelling op die pad na herstel te plaas.

Nogtans gaan die wetsontwerp op sy eie nie ‘n verskil maak nie. Daar moet die wil wees om op tree teen oortreders en bekwame personeellede moet aangestel word. Opleiding en ontwikkeling moet ‘n prioriteit wees, net soos die opgradering van toerusting wat verouderd en ontoereikend is.

Wanneer die diens se direkteur van verkryging egter meer belang stel in sy eie beursie as om hom te kwel oor die stand van toerusting, sal dit nooit gebeur nie.

Kontaknommers: 082 674 6670 / 065 801 7216

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.